Menu Close

Wie is Ons?

NG Kerk Brakpan is ‘n gemeente in die hartjie van Brakpan, ons gemeente het ‘n roeping om die verskil te wees en die waarheid te verkondig soos Johannes skryf in 1 Joh 2.

Ons is ‘n gemeente wat regtig omgee vir mekaar met Jesus liefde. Ons sal enige iemand maklik laat tuis voel.

Ons Eredienste begin 09h00 op Sondae. Die Kleuterkerk en Katagese se tye is soos volg:

Kleuter- en kinderkerk: 09:00 – 10:00 (Graad 1 tot 6)

Kategese: 10:00 – 11:00 (Graad 7 tot 10)

Ons Jeug begin 17:00 by die kerk waar ons dan lekker kuier.

Baie, Baie welkom en dankie dat u by ons nuwe webtuiste kom inloer het.

Dit is met groot dank, blydskap en vreugde aan ons Hemelse Vader dat ons, ons eie splinternuwe  webtuiste kon ontwikkel en bekend stel. Die doel van ons kerk se webtuiste is om al die verrigtinge, hoogtepunte, aktiwiteite en belangrike inligting van ons gemeente in elektroniese vorm  aan u te kan deur gee.

Die webtuiste is daargestel vir ‘n ieder en ‘n elk en kan met vrymoedigheid besoek word.