Menu Close

Sjinese Nuwe Jaar

previous arrow
next arrow
Slider

Sondag, 18  Februarie 2018

‘n Nuusbrokkie oor  Indonesië!

Chinese New Year.

ń Groot getal van die Indoniesiese bevolking kom oorspronklik van Sjina af, sowat 1.2%. Baie erken nooit hul oorspronklike erfenis uit vrees vir diskriminsie.(wat in elk geval voorkom)  Hulle sien hulself as Indoniesiers en  net die ouer garde kan werklik nog praat en skryf in Manderein.

 Die meeste van hulle is Christene. Hul enigste skakel met hul geskiedenis  is om  elke jaar ‘ Chinese New Year’ te vier binne families en die kerk. Die regering verbied  die gee van Sjinese vanne, so meeste van die tyd het kinders net ń noemnaam  op hul geboorte sertifikaat en geen van nie.  Ons ken ń Dr Henry. Geniet al die kinder gesiggies! Vanoggend het elkeen ń geskenkie ontvang  by die kerk.

error: Content is protected !!