Menu Close

Sendingwerk – Malaysië

Sending – Malaysië

Hello daar! Hoop dit gaan goed. Ons het n besige week gehad maar baie geleer. Ons het twee paartjies ontmoet. Annemieke en Harry van Nederland wat reeds 14 jaar in Malaysia werk. Ons het ook Dan en Doris ontmoet wat voorheen in Maldives gewerk het en nou 11jaar in Malaysia is.

Dit was baie insiggewend om te leer van hulle ervaringe asook oor die kultuur van die Malay mense en die geloof.

Die Malay mense is heeltemaal verblind en die lokale geestelike moslem leiers (imams) maak gebruik van bose geeste aanbidding om  krag te kry. EK besef net dat gebed so belangrik is.

Malaysia is n pragtige land en n toeriste oase . Maar geestelik is dit n donker plek. Ek is so gewoond aan Suid Afrika en Kenya waar daar vreugde is en baie lag. ‘n Mens hoor nie mense gesels en lag nie. Ons het n storie gehoor van een van die paartjie dat hul kerk hul kom besoek het en kom bid het vir die dorp waar hul werk. Hulle het n klomp Moslems besoek en n.a. die tyd het die Moslems met Dan gedeel dat hulle nie kon glo dat mense so kan lag en gelukkig wees nie, selfs die predikant. Hulle imams lag nooit  nie.

previous arrow
next arrow
Slider

Bid asb vir die Malay  en Doris, Dan ,Annemieke en Harry. Hulle kon met baie die goeie nuus deel en het baie vriendskappe gebou. Tot op hede weet hulle nie van enige persone wat Jesus volg nie. Die vestings is groot maar ons Here is groter .

Baie liefde en laat weet ons hoe dit daar gaan!

Op Woensdagoggend, 22 Maart 2017 het ons ‘n baie goeie gesprek gehad met M man. Sy naam is Rani. Hy het kamers en ons huur een by hom vir 4 dae. Dis die mees positiewe  gesprek tot op hede.

Hy en sy vrou is net so lank getroud soos ons en ook kinderloos. Hulle het n seun en dogter aangeneem van n arm familie.

Hy is die eerste M persoon  waarteenoor ons regtig kon getuig. Hy het Isa al masi (Jesus)erken en was oop en was nie net gefokus die hele tyd op mohammed nie. Ons is nog vir 2 dae hier.

Bid dat die Here ‘ n hongerte in sy gees sal bring en dat ons ‘n opvolg gesprek sal kan hê.

Erich & Alna

error: Content is protected !!