Menu Close

Sendingwerk – Egipte

Sending – Egipte

Baie dankie nogmaals vir jul betrokkenheid en gebede.  Prys ons Here vir voorspoedige reis, vordering met reelings vir die nuwe fase, genoeg finansies en goeie gesondheid.

Op 13 Februarie 2017  het ons die nuus met die kinders en die Keniaanse personeel gedeel dat ons Kenia in Maaart 2017 gaan verlaat om onder Moslems te gaan werk. Hul hartseer was oorweldigend. Die afskeid gaan swaar wees.


Bid asseblief dat veral die kinderhuis kinders op Jesus sal leun. Bid ook asseblief dat als reg in plek sal val vir die volgende maande se blootstelling en groei in kundigheid oor Moslembedieninge. Bid asseblief vir wysheid en die regte woorde en dat Jesus als sal onderneem.

Baie dankie !

Liefde en seënwense.
Alna en Erich.


error: Content is protected !!