Menu Close

Sendingwerk – Indië

New Delhi

previous arrow
next arrow
Slider

Hello uit Indie!  Die stad van New Delhi het ongeveer 19 miljoen inwoners. Dit is meer as ‘n derde van die hele Suid Afrikaanse bevolking! Wel dis net mense en taxis en richshaws orals.

In ons eerste week hier het die temperature gewissel tussen 39 en 44 grade.  Erich se beursie is ook gesteel met my bankkaart in. PRYS die Here ons kon aansoek doen vir ‘n nuwe kaart in Suid Afrika.

Ons is ook bevoorreg  om in Suid Afrikaanse sendelinge se woonstel te bly (met goeie lugversorger) terwyl hulle met vakansie is.
 
 Die Here het ons ook geleentheid gegee om ander werkers te ontmoet en om ‘n Engelse en ‘n Hindi  taalskool te besoek. Erich het ook ‘n Hindi kerkdiens bygewoon. bygewoon.

previous arrow
next arrow
Slider

ie Here het verdere blootstellings en kontakte gegee wat ‘n groot bydrae maak tot ons vorming as toekomstige werkers in die Moslem wereld. So,  als en als het ons ‘n geseënde eerste week in Indië gehad.  “Ons het ook nie die gevreesde “Delhi Belly” opgedoen nie.

Ons gaan Noord Indie -Kashmir besoek wat basies 100% Moslem is. Bid dat ons net Jesus sal volg in alles.

Ons was 22uur op ‘n trein na die anderkant van Indie en gaan laaste week na Kalkata en dan terug na Maleysia  en dan sal die Here wys waar hul moet wees.

Dankie vir die gebede, hulle het dit nodig  om duidelik die Heer se stem te hoor.

Baie liefde en groot dankies
Erich & Alna


error: Content is protected !!