Menu Close

Sendingwerk – Malaysië

Hoofstad – Malaysië

previous arrow
next arrow
Slider

Dankie vir al d gebede. Dit gaan regtig goed met ons en ons voel so bevoorreg om hier te wees. Ons was nou 2 aande in Kuala Lumpur  die hoofstad van Malaysia. Ry Sondag, 26 Maart 2017  na die grens van Singapore waar die ander paartjies bly wat saam met F werk. Glo ons sal baie hoor en leer.

Die stad is soveel anders as die platteland. Meer kosmopolitaans. Dis dalk makliker vir ‘n M om Jesus hier te volg. Ek dink dis hoekom  die Sjinese predikant wat nog steeds vermis is, sukses gehad het met M mense wat Jesus begin volg het.

Baie verskillende bevolkingsgroepe en restaurants. Tot  ‘n Siriese,  Iraqi en Kor iaanse restaurant gesien. Dit voel amper nie of j in n M land is nie. Baie goedkoop tegnologie.

Ons beplan om Dinsdag Indonesia toe te gaan. Baie armer as hier en die grootsre M land in die wêreld. Baie meer radikale groep.

Lekker dag en waardeer  al die  liefde en gebede.

Erich Alna xx

You cannot copy content of this page