Menu Close

Dit is wel met my siel

Luister na ‘n pragtige Afrikaanse weergawe van “Dit is wel met my siel” gesing deur Rina Hugo

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za

H.G. Spafford was ’n besigheidsman van Chicago. Hy was ’n toegewyde Christen. Daar was tye in sy lewe dat die wysheid wat hy gevolg het van die wêreld was, nie deur die Heilige Gees begelei nie en verseker in lyn met die vyand se planne. Hy het finansiële probleme ontwikkel en toe sy huis verloor.

Hy het besef dat sy familie het ’n vakansie nodig en so het hy sy vrou en sy vier dogters vooruit na Engeland gestuur. In die middel van die oseaan het die skip met ’n ander skip gebots en binne twaalf minute gesink. Twee-honderd-en-dertig mense het hulle lewe verloor insluitende Spafford se vier dogters. Slegs sy vrou is gered en na Engeland geneem. Sy het vir hom ’n telegram gestuur “ Saved alone”. Spafford was oorweldig met hartseer.

Hy het sy eiendom verloor, sy vier dogters, wat in die diepte van die see lê en sy vrou is in ’n vreemde land ook met hartseer. (Spafford kon sy hartseer in bitterheid laat verander, hy kon die maatskappy gedagvaar het vir die verlies van sy dogters, hy kon homself regverdig het deur vir God kwaad te wees asook vir die wêreld en sy vuis gemaak het teen die Een wat sy lewe vernietig – so op die oog af.) Nee, hy het al sy vertroue in die Here geplaas en toe ’n lied geskryf wat tot vandag toe nog vir talle mense vertroosting en bemoediging bring:-

  • As vrede my pad deur die wêreld verlig,
  • As smarte my dreig te verniel,
  • Dan antwoord ek vry,watter lot my ook tref: Dit is wel, dit is wel , met my siel!
  • KOOR Dit is wel met my siel Dit is wel, dit is wel met my siel! HALLELUJA 261

Wat het oor jou lewe gekom? Jy moet jou reaksie kies! Is dit wel met jou siel?

GEBED Dankie Here, dat ten spyte van wat ookal oor my lewe kom, of is, dit wel is met my siel! AMEN