Menu Close

Diens aan Gemeenskap – Palu

previous arrow
next arrow
Slider

Hallo van Erich en Alna.

Ons bid dat dit goed gaan met jou. ? Stuur asb nuus vir ons en laat weet waarvoor ons kan bid.Jy is altyd welkom om gebedsversoeke te deel.

Alna sien uit na haar eerste besoek aan Palu. Ons vertrek DV Maandag 15 April. Alna sal die 21 April terugkeer en Erich die 23ste. Die paartjie uit Suid-Afrika wat opsies ondersoek om in Indonesië te dien, sal van 19 tot 23 Maart by ons in Palu aansluit.

Bid asseblief vir ons Palu-reis:

* Gesondheid (laas keer het Erich teruggekom met Dengue-koors)

* Veilige reis

* Klaarheid rakende bedienings-opsies in Palu (diens aan gemeenskap / kinders, veral diegene wat die ergste getref is deur die aardbewing / tsunami / likuifaksie)

* God bewerkte verbintenisse met plaaslike inwoners, oop deur(e)

* Visa moontlikheid

* Huisvesting vir ons beplande Junie + Julie verblyf in Palu (ons voel gelei om eers ‘n 2 maande verblyf te doen voordat ons later hierdie jaar langtermyn Palu toe trek, as dit die Here se wil is)

* Dat ons net die Here se wil sal volg en gehoorsaam.

* SA paartjie wat ons kom besoek, mag hul God se plan ken vir hul bedien in Indonesië (of elders). Hulle sal in Indonesië wees 18 April tot 1 Mei.

Die Indonesiese?? algemene verkiesing is geskeduleer vir 17 April. Bid asseblief saam met ons dat die huidige gematigde president / regerende party herkies sal word. Hy word deur etlike Islam-gefokusde partye teegestaan met radikale agendas.

Baie dankie vir jou volgehoue ​​ondersteuning en gebede.????

God seën jou.
1 Tessalonisense 5: 1

error: Content is protected !!