Menu Close

Die tyd tussen Epifanie en Lydenstyd

DIE PERIODE TUSSEN EPIFANIE EN LYDENSTYD word in verband gebring met Jesus se aardse bediening voor Sy reis na Jerusalem. Die eerste Sondag na Epifanie word Jesus se doop herdenk; dit was die begin van Sy openbare bediening. Die Sondae daarna kyk na wat Jesus hier op aarde geleer en gedoen het.

Die laaste Sondag voor Lydenstyd word Jesus se verheerliking op die berg herdenk en staan bekend as die Sondag van die Verheerliking. Lydenstyd begin hierdie jaar op Aswoensdag op 5 Maart.

Die kleur vir hierdie tyd is groen, die kleur van groei. Dit is simbolies van die groei van die kerk in die wêreld

error: Content is protected !!