Menu Close

Sendingwerk – Indonesië

 72ste Onafhanklikheidsdag Feesvieringe

previous arrow
next arrow
Slider

Hello daar!

Ons stuur ń paar fototjies van die 72 jarige ‘Independance celebration’. Dit was ń wonderlike ervaring om al die vlotte te besigtig en die kinder gesiggies te geniet. Tog was daar ook demoniese  geinspireerde vlotte wat vir ons weer eens gewys het dat mense Jesus nodig het in die land waar die Moslem geloof vermeng word met animistiese bedrywe.

Ons is amper 3 weke in Indonesia en dit voel asof ons in ń warrelwind is, Huis soek, huis regkry, huisraad aanskaf…want ons het net gearriveer met klere… agterkom hoe werk dienste.

Taalstudies elke dag, mense ontmoet en baie glimlag want jy verstaan niks. Baie vreemde kosse eet… Mensself oriënteer in ń nuwe stad. Alreeds n gas trakteer wat 5 dae oorslaap by ons.

Verhoudings bou met spanlede. Doelbewus uitgaan om te meng met moslems in ons woongebied. Dit help met taaloefening. Gebedsessies hou en sosiale afsprake nakom. Vervoer uitdagings te bowe kom.

Ons sou dit nooit kon doen sonder al jou gebede nie. Saterdagaand nooi ons Moslem buurman ons sommer net in terwyl ons verby stap. Vandag by die taalskool het ons in gebroke sinne begin praat in ń taal wat ons nog nooit voorheen gehoor het tot n paar weke gelede nie. Dis vir ons so duidelik dat mense vir ons bid en dat ons Hemelse Vader ons dra en help. Ons kan net dankie sê en die Here loof! Sonder jou liefde en ondersteuning sou dit onmoontlik gewees het om die aanpassing te maak.

Baie dankie.

Hou asb aan om te bid vir die mense van Indoniesië.
Prys die Here vir wonderbaarlike voorsiening in al ons behoeftes!
Prys ons Vader vir gesondheid en ons stappe orden elke dag.

Bid asseblief dat ons spoedig in n goeie roetine en ritme sal wees om by alles effektiewelik uit te kom volgens God se prioriteite en gesonde alledaagse behoeftes.

Bid dit gaan goed daar by jou! Asb stuur nuus!

Baie liefde

Erich & Alna